Ons moet eers sien in watter delemma Siener is tydens die Boere-oorlog. Siener voorspel dat die swartes die land gaan oorneem. Dat die nasionale party eers ‘n klein party in die Kaap gaan word en dan sal vergaan. Die Boere word dood geskiet, die vrouens en kinders vergaan in konsentrasie kampe en die man maak sulke voorspellings? Sou jy hom glo?
Dan kom Siener met die voorspelling dat die Boere weer oor hulself sal regeer. Dis soos ‘n troos prys vir moedelose Boere. Hulle kon egter nie Siener ignoreer want hy het reeds die Engelse se bewegings korrek voorspel. As hy die teerpaaie kon voorspel, die swart regering, die val van die Nasionale party dan kan jy net eenvoudig hom nie uit jou toekoms planne uitlaat nie. Kom ons kyk nou wat het hy vir die Boere toekoms voorspel.
Dat hulle weer oor hulleself gaan regeer is goed, maar dan moet die mense nie verkeerde afleidings maak en ek noem gou ‘n paar. Dat die blankes weer oor SA sal regeer. Beslis nie. SA het daardie tyd nie eers bestaan. Dat dit net blankes sal wees. Beslis nie, daar sal ook alle ander bevolkings wees maar hulle sal nie probleme op groot skaal veroorsaak nie.

Wat gaan dan gebeur. Daar sal wel ‘n staat wees maar baie kleiner as die Transvaal of Vrystaat en sal uit albei bestaan. Sal ekonomies wel af wees en ek persoonlik verkies name soos God gegewe staat, Christen Staat, Israel of om dit anders te stel ‘n nuwe Gauteng. Min of meer soos in die Kaap sal die meerderheid verkies word deur ‘n Blanke meerderheid en so oor stede, dorpe en die streek regeer en sal later onafhanklik wees.
Verder sal die Blankes nie meer gesien word as die apartheid oorheersers maar as die Blankes uit Europa, VSA en ander volke wat werk en welvaart skep. Dit sal ‘n soort vryheid gee in die hele Suider-Afrika. Dan sal die Blankes nie meer as die bomplanters en vyande gesien word nie.
Ons kyk nou uit hierdie agtergrond na die ontwikkeling van fabrieke en kry die planne reg. Jy kan help om die visie bekend te maak deur dit aan al jou vriende te stuur, op facebook te plaas en aan te stuur.
Klik op “Home” hierbo vir meer artikels waar ons vra wanneer en waar is die beloofde land. Ek gee ook hieronder meer webwerwe vir die wat meer wil lees, regs klik en maak oop in nuwe “TAB”: http://saaistigting.yolasite.com en ook meer hier http://affiliatebank.net/jem/content
Jy kan ook aansluit by die SAAI Stigting, gratis. Kyk in die regterkolom.

