Geloof in praktyk, God | SAAI Stigting

Hier is die hakplekke van die Islam geloof

1. Hulle is nogsteeds aardsvyande van die Jode.
2. Hulle sukkel om geloof in die lewende God in ander tale en kulture te verstaan en te eerbiedig. As jy die Quran vertaal dan beskou hulle dit as ‘n onreg omrede sekere betekenis verlore gaan en verkeerd vertolk kan word.
3. Die meeste van die Islam geloof se geskrifte is in oorloe vernietig en hulle sit met ‘n tweedehandse oorvertel weergawe. Daar is dus verskil in sommige tradisies in die geloof en wat die geskrewe woord beskryf.
4. Die oorvertel van die profeet Mohammed het nie net ‘n taal probleem nie maar ook ‘n verstaan probleem. Soos een Moslim aan my verduidelik. Dis baie moeilik om te verstaan wat hulle lees. Sodoende is hulle maar uitgelewer aan mense wat Allah se bedoelinge moet verduidelik.
5. In die ou dae was hulle maar op hul eie aangewese maar deesdae is daar tegnologie wat die wereld klein maak. Hulle kom dus in aanraking met ander gelowe wat hulle nie aldag weet hoe om te hanteer nie. Wie is Allah in ander gelowe en wie nie.

Die Bybel het ook maar soortgelyke probleme maar dis net erger in die Quran. Die moslems is erg in geloof vergeleikende met Christene.

God – Christelike geloof en Moslems

Die meeste mense en ontleders van die Islam geloof skryf uit ‘n Christelike agtergrond en is dus eensydig in hul menings. Hieroor sal ek nou versigtig wees maar dit duidelik stel dat ek bly is om ‘n Christen te wees. Kom ons kyk nou wat is die Islam se probleme met Christene.

1. Dat God ‘n seun kan kry. Dit kan verduidelik word dat soos Adam die seun van God kan wees omdat God hom gemaak het so kan Jesus ook deur God gemaak word en Sy seun wees. Hulle het nie ‘n probleem met Maria en verstaan dat God dit kon doen soos in die Bybel beskryf is. Dis ook in die Quran.

2. Hulle verstaan nie die Quran in die verband, hoekom Jesus gebore was en nie gesondig het nie. Hulle verstaan ook moeilik dat Jesus in die hemel is. Dit is in die Quran geskryf maar weinig verstaan die mag en vlak en doel van Jesus op aarde en in die hemel.

3. Soos die Jode nie glo in Jesus se Kruisiging en die doel daarvan nie, so glo en verstaan die Moslems ook nie. Mens kan die afleiding maak dat as die Jode nie glo in hul verlosser, hoe kan mens verwag die Moslems moet dit dan glo. Ten minste word Jesus vervat in die Quran terwyl dit nie in die geval van die Jode is nie.

4. Ons moet in ag neem dat die Quran ook beskryf dat Jesus weer sal terugkeer om die Antichris uit te delg of te oorwin. Dat Jesus reeds in die hemel is, is so beskryf maar dit gaan maar swaar aan verstaan dat Hy die verlosser is.

5. Jesus as profeet. In die Quran word Jesus as profeet erken terwyl ons Jesus as meer beskou. Die probleem is egter dat die profeet Mohammed soms as op ‘n beter vlak in die hemel geplaas word. Dit is asof daar kompetisie is wie die hoogste is alhoewel dit duidelik is dat die profeet Mohammed ‘n sondaar was. Vir my persoonlik is dit die grootste hakplek. As dit gaan tussen Christenskap en Moslem dan is die profeet \Mohammed, ‘n geweldadige profeet, die een wat die Quran oorheers en nie Jesus soos in die nuwe testament nie. Dis seker droom maar mens sou graag die nuwe testament in die Quran wou plaas.

6. Moslems respekteer Jesus. Respek en wedersydse respek is die grootste bate tussen die gelowe. Onthou dat dit verskillende gelowe is. Niemand het die punt nog gemaak dat dit dieselfde geloof is nie. Daar is duidelik baie groot verskille. Die punt is egter dat in lande soos Suid Afrika daar ‘n groeiende wedersydse respek is vir die ander gelowe. Dis nie afgode soos sommige onkundiges beweer nie maar verskillende gelowe in God die skepper van hemel en aarde. Die skepper van Adam en Eva. Die god van Abraham, Moses, en ook Jesus.

7.Jesus is nie die hoof of Skepper nie maar God. Die Islam geloof beskou dus alle gelowe wat nie die ware God aanbid as afgode. Net soos die Jode. Ook mag jy oorlog maak teen alle afgode dienaars, nasies of die bose. Net soos in die ou testament. Nou sit die Moslems met ‘n probleem. Hulle moet Jesus respekteer. Hulle besef Hy is in die hemel. Hulle beskryf hom as ‘n profeet. Hulle glo God kan sondes vergewe. Hulle glo in die ewige lewe. Hulle glo in gebede as hul grootste bron. Hulle glo in goeie dade aan jou naaste. Aan barmhartigheid en ganade aan jou mede mens. MAAR HULLE GLO NOG NIE DAT JESUS HUL VERLOSSER KAN WEES NIE.

Ander se oordeel.

Wreedheid en eiendom.

Baie mense se kommentaar hak vas by die geweld van Mohahammed maar kyk so bietjie mis na die Joodse geskiedenis. Kyk maar hierna wat Moses opdrag gegee het.

Maak al die seuntjies dood en elke vrou wat al met ‘n man gemeenskap gehad het. Slegs die dogters  wat nog nie gemeenskap gehad het kan julle vat.

In daardie tyd het ons al sy stede verower en verwoes. Van hulle mans, vrouens en kinders het ons niemand laat vrykom nie.
Ons het net die vee en ook wat daar te buit was in die stede wat deur ons verower is, vir ons gevat.”

Hieruit is dit duidelik dat die een nie die ander kan verwyt as dit by geweld kom nie. Die Atiieste beskuldig ook dan God as ‘n wrede God van liefdeloosheid en dat as jy nie in die God van die Bybel glo sal jy wreed doodgemaak word. Dus is jy nie subtiel blootgestel aan ‘n keuse maar dis afgedwing.

Jesus leef reeds in die hemel aldus die Quran en sal op die laaste uur terugkeer om die anti-Chris te verdelg. Dit is ‘n stap in die regte rigting terwyl die Joodse geloof vandag nog nie Jesus erken nie. Christene se geloof word in sommige Islam lande nog as ‘n bedeiging gesien en met geweld bedreig.

Jesus het ons egter geleer om nie mense met klippe dood te gooi nie. Nie ‘n oog vir ‘n oog nie, maar vrede liefde en vergifnis. Liefde is ‘n moeilike begrip en laat sommige dink aan kalwer liefde of seks met origheid. Daarom verwys die Quran dan ook na genade en barmhartigheid as ‘n tiepe beskrywing van lIefde.

Om dus die ou testament te ignoreer is ‘n eensydigheid wat ek vind by baie mense wat die Moslem wil veroordeel. Ons moet eerder die liefde, vergifnis en verlossing van Jesus erken en deel met ander gelowe op ‘n gerespekteerde wyse.

Hoekom het Jesus, God nie die Jode in Duitsland beskerm nie?

Dis ‘n vraag wat dikwels gevra word. Die groot probleem is dat die mense aanvaar dat die Jode Christene was. Of gelowiges volgens die ou testament.Beide is foutief. Dis moeilik om dit in persentasie uit te druk maar ter verduidelik kan ek dit as volg stel.

Die mense dink die Jode in Duitsland was so 80 tot 90% gelowig. Nee as daar 0.1% gelowiges kon hulle dalk gered word. Dus kan ons aanvaar dat soos Hitler en sy Duitsers was hulle ongelowig en het God dus niemand gered as nasie tussen die Duitsers en Jode nie. In die Bybel en Quran vind ons dat God gelowige nasies van hulp is.

In die Duitse oorlog moet ons God sien as die God wat die hele Duitse land laat verower het deur die galieerde magte. God het dus alles vernietig. Die land verdeel tussen die Ooste en Weste en die hele Duitse ryk vernietig vir ongeveer 50 jaar. Ook die mense moes werk om die skuld te delg wat hulle veroorsaak het. Dit, terwyl God diegene wat die mishandeling gepleeg het, op aarde en in die lewe hierna straf.

Hitler se magte het ook ander lande ingeval, Gelowiges en Christene is gedood en God het hulle gestraf. Dus duidelik, as jy nie vir God is, is jy teen God en sal jy gestraf word.

Ek weier egter om enigsins te oordeel en laat dit aan die lewende God, die Skepper en Jesus oor om te bepaal wie hemel toe gaan en wie nie. Let egter op dat jou dade jou sal laat hel toe gaan as jy jou hand lig teen God se kinders.

Groetnis en vrede vir almal.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *