Swart armoede is nie in plakkers kampe nie, en blanke toekoms is nie in Gauteng nie. Waar is geld en waar is die armoede, waar is my kinders se toekoms. Om dit te verstaan moet ons eers ‘n paar tree terug gee.
Agtergrond
Kom ons begin net na die Boere oorlog. Die Engelse se beleid was om alles te verbrand en alle diere te slag vir kos. Die vroue en kinders kom uit konsentrasie kampe waar duisende dood gegaan het. Hoe het hierdie mense gevoel toe hulle uit die kampe kom?
Aardig, is al wat ek kan skryf. Dit het met tyd beter begin gaan tot die 1933 droogte waar dit weer tragies was. Geen kos, geen werk en geen regering wat help. Die mense wat deur hierdie dinge was weet van swaarkry. In 1948 begin die Boere vir hulle self sorg en dertig jaar later is Suid Afrika op sy rykste.
Ontwikkelings in SA na 1948
Voertuie is net na die oorlog begin maar Suid Afrika was maar net ‘n invoerder van toerusting. Goud was uitgevoer tot voordeel van Engeland maar sedert 1948 was daar ‘n man met die naam van Hendrik Verwoerd. Sy visie lei tot die benut van goud, belasting en ontwikkelings fondse. Hy laat bou ‘n Sasol, Yskor en Eskom. Dit lei ook tot ander ontwikkeling in Suid Afrika wat na sy moord deur ander voortgesit is.
In die negentig jare gaan dit baie goed met die ekonomie maar omdat die swartes uitgesluit was lei dit tot sanksies en opstande wat dan weer lei na die oorname van geldmag en rykdom. Aan die stuur staan ‘n man met die naam Nelson Mandela. Wonderbaarlik besef hy dat almal moet saamwerk vir sukses en dit gaan nogsteeds goed.
Die Mbeki era
Die probleem was onderlangs waar die kamerade alles oorgeneem het. Ek sorg vir jou dan sorg jy vir my. Dit lei daartoe dat mense die mag oorneem sonder die nodige kennis. Hulle bepaal self hulle salarisse van miljoene en korrupsie raak onbeheerbaar. Almal steel, koop mense om en reel vir werk aan maatjies en nie aan kundiges nie. Munisipaliteite stort in duie, wette kan nie toegepas word nie en ek sorg vir jou dan sorg jy vir my. Die tiepe beleid raak onbeheers en gaan voort na die jaar 2000.
Waar is die blanke of boere vandag
In armoede sonder werk en sonder mag. ‘n Paar laastes klou aan hul werk en die meeste sit in die buiteland. As dit nie vir werk is, is dit vir geld, belegging of hulle kinders het in ander lande gaan toekoms vind. Maar die land is dood vir die gelofrte volk. Die oues sit met kennis maar met gevoude hande en die gewillige kinders sit met ‘n traan in die oog sonder hoop.
Het Siener van Rensburg dit dan nie voorspel nie?
En nou die toekoms…
Wat is die les oor die volk wat ons hieruit kan leer? As die volk arm en swaar kry dan tel die Here jou op. As jy sweef gaan jy val. Dus omdat die Boerevolk of Afrikaner nou swaar trek sal dit vorentoe beter gaan. Die magtige swartes gaan val. Die korrupsie, die geld uitdelery met al die pensioene is onbekostigbaar en dit gaan die regering laat val.
Daarteenoor gaan die blankes hulle paar sente saam sit. Beter beplan en ‘n beter toekoms vir hulle self beplan. God gaan help en eerlikheid, harde werk vir min geld sal die nasie weer laat opstaan.
Het Siener reg voorspel? Ja want dit was nie sy wil maar God se wil wat hy net bekend gemaak het.
Wat kan ek doen?
So dikwels vra mense die vraag asof hulle niks kan doen nie. NEE. Jy kan dink dis dalk te klein maar baie klein dingetjies is wat die groot ding doen. Dit was nie Hendrik Verwoerd wat alles gebou het nie. Hy het bloot die visie gehad. Al die bydrae’s van die volk het alles vermag. Elkeen na sy vermoe en wysheid bou ‘n volk.
Wat kan ek doen? Eerstens kan jy bid. Tweedens kan jy almal vertel van die SAAI Stigting en dat hulle daarvoor kan Google. Maak nie saak hoe oud jy is nie. Jy kan ‘n bydrae tot jou volk maak en eendag vertel wat jou bydrae was tot die bou van ons nasie. Die gelofte volk.
As ons net mense kan oortuig dat daar ‘n toekoms is. Dat God nie sy Volk sal vergeet nie. Dat ons kan saamstaan net om ‘n mooi toekoms te bou. Dan sal God jou seen. Jou nageslag seen. Jou vrede en liefde skenk. Begin nou om saam te werk met die SAAI Stigting deur ons aan almal bekend te maak. Amen
