Kom ons begin eers links dan klink dit so; Die wonderlike nuwe Suid Afrika is wonderlik en almal moet net deelneem aan al die sukses. Die regses is dom en rassisties.
My antwoord op die stellings is, nee. As die Boere vermoor word op die plase, duisende moet oorsee gaan werk soek weens rassistiese wette in ons land. Ons word besteel en ons dorpe in die platteland vergaan onder onbevoegde bestuur. Geen Afrikaanse Christelike skole en geen werk vir ons jong mense. Bedrog en kriminele is oral en jy noem dit sukses? Noem jy dit die wonderlike toekoms?
Kom ons kyk nou regs; Daar is geen toekoms, witmense of blankes kan niks doen. Ons is verdoem. Oorlog en bomme plant is al wat oorbly. Plakkerskampe sal alles vernietig waar jy ook al is. Die regering sal jou vernietig. Malema sal jou plaas vat. Geen stem stelsel sal werk.
Ek gaan weer begin met, NEE. Gaan kyk bietjie wat het die DA in die Wes-Kaap reg gekry. Kyk bietjie na die DA se eie party en jy kan nie glo hoe rasse kan saamwerk tot sukses. Kyk bietjie na ons springbok span. Kyk bietjie na ons krieket span. Is alles verdoem? Is sukses moontlik?
Politieke toekoms.
Ek gaan nou nie kyk na party politiek nie maar na die Boere of Afrikaner toekoms binne die ontwikkelings streek. Eerstens die stemme. As die meerderheid in ‘n streek Blankes is het jy ‘n meerderheid stem en het jy ‘n meerderheid regeerders in daardie streek. Punt stop en klaar. Al wat nou oorbly is die hoe en die waar.
As daar ‘n Orania kan bestaan kan daar ook ‘n hele streek bestaan maar dit moet gepaard gaan met ekonomiese ontwikkeling. Gee dus eers vir mense werk en die res soos kerke, skole, munisipaliteite ensovoorts volg vanself.
Tweedens: Onthou dat meer as 80% van die swartes wil nie deur blankes regeer word nie. Hulle wil nie in Blanke woongebiede bly nie en wil nie hulle kinders in Afrikaanse skole sit nie. In die Ontwikkelings streek gaan daar so tussen 10 en 20% anders kleuriges wees wat graag daar sal wil woon en graag saam met blankes wil werk. Die mense sal nie ‘n probleem wees nie. Rassisme gaan nie toegelaat word nie en werk moet volgens daardie gebied se mense aangestel word. Dit beteken jou munisipale werkers, jou onderwysers ensomeer moet volgens verteenwoordiging aangestel word. Voorbeeld; As 8% bruin is, 77% blank, 3% indier en 12% swart dan moet die bestuur en werkers ook so aangestel word.
Derdens; Die pensioene soos tans gaan nie toegelaat word want dit is nie volhoubaar nie. Ons is tans ‘n welsyn staat en die huidige regering gaan eenvoudig nie oor genoeg geld beskik om met die beleid voort te gaan nie. Ons sal ook op ‘n ander plek meer daaroor berig omrede dit ‘n groot saak gaan word en belangrik is vir die toekoms. Die punt hier is dat die mense wat wil pensioen kry soos tans moet gaan na ‘n plek, dorp of streek waar hulle die geld wel sal kry maar beslis nie in die ontwikkelings streek nie.
Opsomming.
Ek hoop en poog om met hierdie berig al die pessimiste, rassiste, linkses en regses net te laat dink. Dink aan die bewyse wat reeds in hierdie land bestaan. Dat goeie ontwikkeling en ‘n goeie toekoms moontlik is. Ons benodig wel goeie beplanning. Europese steun en saam met die plan ‘n wil om sukses te bereik. Ons moet geen nasie bedreig nie maar eerder met toerisme die hele Suider Afrika ontwikkel sodat almal kan sien dat ons tot hulle voordeel hier is en niemand bedreig nie.
Ons gaan egter vir ons self sorg, beter beheer toepas en alle kriminele styf vasvat. Omdat ons so wonderlik is? NEE, maar omdat God dit vir ons belowe het. ‘n Belofte dat ons weer oor onsself sal regeer in ‘n “nuwe Israel”. Klein maar ekonomies magtig.
################

Wat my pla is hoeveel Broederbond Vrymesselaars en Rothchilds is in die leiergroep van SS se organisasie. Ek praat van die ouens wat hul geboue en besighede so vaalgrys gemorskleur verf, een uit elke drie wit suidafrikaners is of n joiner of werk vir inligting diens,
Geen sulke mense is in ons groep se leierskap of rade nie. Ons beoordeel nie ons lede nie maar in ons werksaamhede het ons nie plek vir die gene wat teen ons volk werk nie. Om dit maklik te stel het ons ‘n strewe wat soortgelyk is aan Dr. Andries Treurnicht se konserwatiewe party. Christelik, opreg, sonder rassisme maar met die doel om “ons” mense se regte en voorregte te bevorder.