Hoekom bedrog nie gewen kan word nie, wat nou?

As ons wil voortgaan met beplanning dan moet ons die geskiedenis en vandag se feite eers verstaan. Die ou nuus van apartheid ken ons maar wat het verkeerd gegaan sedert apartheid nie meer bestaan nie. Kom ons kyk wat het gebeur..

Blankes was eers bevoordeel en tans word swartes bevoordeel. Ons sit hier met  ‘n rassistiese konsep. Kom ons kyk dieper. As ons gaan kyk wat binne aangaan is daar ‘n konsep wat nie gebreek kan word nie. Dit is dat as jy vir my werk kry dan sorg ek vir jou. So ook gebeur dit dat as jy vir my werk kry dan moet ek ‘n gedeelte van my salaris vir jou gee. So moet jy my ook aanhou help want as ek my werk verloor dan kan ek jou nie meer betaal nie.

So as mense onbevoeg is vir die werk is dit nie omdat hulle te sleg is nie maar omdat hulle nie goed opgelei is nie. As jy een wil afdank staan almal op teen jou, want onthou almal gaan verloor.

So staan me Paterson op om die bedrog te stop en siedaar, sy word dadelik met die dood gedreig. Die skerpioene krap die bedrog oop en siedaar word al die bedrog gestop? Nee, nee, nee, die skerpioene word gestop en ontbind. Jy sien dat die regering aan die bo-kant het die regte benadering en goeie planne maar dit vorder tot niks. Voor dit vorder tot op grondvlak word dit misvorm tot ‘n rassisties gemors.

Wat het verkeerd geloop? Die blankes is verwyder. In plaas van na effektiwiteit te kyk is daar na rasse gekyk en vorm kamerade die botoon aan. Anders as wat baie Blankes of Boere dink is dit nie wat reg of verkeerd is nie. So baie vind ons dat Blankes sal sy maat verklap as dit onwettig is maar nie die kamerade nie. Daar werk dit reg of verkeerd maar ons staan saam en stem saam.

Neem nou maar die  polisie. Eerstens word hulle self beskerm deur hulself. Iets verkeerd daarmee? Op die oog af, nee. As ons egter dieper gaan kyk dan vind mens dat rassisme op sy ergste is en niemand nie, nie eers die regering kan die polisie regruk nie. Gaan kyk maar na die sake wat aangemeld word en moenie skrik as jy vind dat daar enkele papierwerk gedoen is maar die sake vorder net mooi niks.

Kom ek neem ‘n voorbeeld: ‘n Man word ontvoer. Internationale bedrog mag betrokke wees. Die saak word aangemeld. Die familie moet ‘n losprys betaal wat hulle nie het nie. Die ontvoerders laat weet dat as hulle die polisie inroep sal hulle die man doodmaak. Vyf en veertig dae later is nog niks deur die polisie gedoen nie. Sou jy nie wou dat ‘n spesiale eenheid na die saak moet kyk nie en nie ‘n speurdertjie in ‘n verlate kantoor nie? Het jy vertroue in so polisie?

Nou kom ons by die politiek. Jy sien as die minister almal in een departement wil sit dan gaan dit daaroor dat hy alleen beheer oor alles wil kry. Dit gaan nie werk nie want niemand gaan doen of kan doen wat hy wil laat doen nie. Die beste is skep ‘n stelsel waar die een polisieman die ander een kan vang. Die enigste oplossing is om ‘n totale nuwe mag te begin want die bestaande kan nie meer hervorm word nie.

Ek kom op ‘n man af wat juwele verkoop in ‘n sinkgebou. Daar is niks juwele in die gebou nie maar die man doen sake? Dis verdag en na ‘n paar maande vind ek uit hoe die besigheid werk. Jy sien die mense steel die Blankes se juwele uit hul huise en gee dit aan die man. Die juwele word dus dadelik verskuif nog voor die Blankes weet hul goed is weg. Die juwele word dan dadelik verskuif deur die man en later kom die dief bloot sy geldjie haal. Dit is dus ‘n netwerk waar die brein agter die diefstal en die dief self bykans geensins deur die polisie gevang kan word want daar is basies nooit bewyse nie.

So het ek ook gevind dat diefstal het niks met armoede te doen maar is bloot ‘n besigheid van veryking. Is dit nag vir die nuwe Suid Afrika? Ja, beslis want jy sien eerstens word die Blanke vernietig. Of jy nou Boer of Afrikaner wil wees het nie telling nie. Die polisie gaan jou al hoe minder beskerm en jy sal al hoe minder werk vir jou kinders kry. Nog meer Blankes gaan hul werk verloor en waar gaan jy vir jou pensioen dae heen en met watter geld?

Wat kan jy doen? Ondersteun die SAAI Stigting sodat ons saam vir ons toekoms kan beplan. Nee, vir rassisme, nee om sleg aan ander te doen. NEE, vir bedrog, diefstal en moord. Ja vir werk, ja vir goeie beplanning en beskerming. Ja vir ‘n beter toekoms vir jou en jou kinders.

Hoe kan jy help? Begin deur al jou vriende en familie te vertel van die SAAI Stigting. Stuur hulle na die webblad of hulle kan gaan Google. Ons groei tans teen 144 mense per maand. So kom ons werk saam.

#####################################################

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *