Ja ons praat nou oor jou. Jou familie, pa, ma en kinders. Ons kyk waar was jy en hoe lyk jou toestande oor 20 jaar. As jy nou jonk is sukkel jy om ‘n goeie werk te kry. Jy moet sorg vir jou kinders wat oppad is of alreeds moet skool toe gaan. Jy is vasgevang om net te oorleef en pa en ma moet soms help. ‘n Ryding, skoolfondse en wat nog maar dit gaan maar broekskeur met die geldsake.
As die kinders groot is moet hulle weer gaan werk soek en sit hulle in dieselfde posisie as wat jy in was. Armoede is jou voorland. Kom ons gaan na die 1970 tot 1990 jare. Jou kanse op armoede was so tussen 5 en 10%. die staat het ouetehuise ondersteun en voldoende was gebou. Die subsidie is nou gestop.
Jy is nou ouer as 40 jaar en die kinders is uit die huis of sterk oppad. Soms moet jy maar help met ‘n ryding of ‘n dak oor hul kop. Wat van jou toekoms? Die mense het reeds bepaal dat slegs 5% van al ons mense sal goed kan leef. Tussen 5 en 10% kan ons oor argumenteer. Kom ons draai dit bietjie om. Jou kanse om arm te wees is 90% oor 20 jaar. Dit klink erg.
Wat is arm? Dit beteken ‘n paar dinge maar is as volg:
# Jy kan nie meer ‘n huis huur of die paaiemente bekostig nie. Jy is dus sonder ‘n huis.
# Jou totale inkomste is minder as jou mediese uitgawes. Jy kan nie meer na ‘n privaat dokter gaan en kan nie meer jou pille koop nie. Jy moet nou na ‘n swart staats dokter soos ‘n Kubaan gaan en jou pille by die kliniek gaan haal waar jy dae sal deurbring in rye.
# Jy kan nie meer die munisipale kostes soos belasting, water en elektrisiteits kostes betaal nie.
# Jy moet jou huis verkoop en op ‘n goedkoper plek gaan bly. Dit mag selfs agter jou kinders in die garage wees. Normaalweg met ‘n helse geveg tussen die kinders oor skoonpa en skoonma.
# Jy kan nie meer jou motor bekostig en daar is nie busse nie. Of jy kan nie meer bestuur nie.
Kom ons stel dit anders. As jou inkomste vandag val tot R1 400. Hoe gaan jy leef?
Is ek pessimisties. Nee, dit is maar bloot die berekenings wat vandag gedoen word dat jou kanse tot sulke armoede is minstens 90%. Dit binne 20 jaar.
In dieselfde trant sal of jy of jou familie hul inkomste verloor. Vandag is jy miskien ‘n tandarts van 45 Jaar oud. Jy het genoeg kliente en dit gaan goed met jou. Iets gaan gebeur dat binne 20 jaar sal jou besigheid verval Die iets kan baie dinge wees maar al gaan jy net op pensioen sal jou kanse 90% wees dat jy arm op pensioen sal gaan en dit al hoe slegter daarna sal gaan. Soms weet ons dit maar weier eenvoudig om daaraan te dink.
Om in ‘n versorgings eenheid te gaan kos vandag R 6 500. Die kanse dat jy dit oor 20 jaar sal kan bekostig is basies nul.
Ek het reeds gaan kyk hoe die swartes oorleef maar daar is items wat vir ons nie beskore is nie. Sal jy 3 keer per dag pap en melk eet? Gaan jy ‘n gratis RDP huis kry?
Sal jou water en erfbelasting gratis wees? Dis normaal vir swartes om na swart dokters te gaan. Wat van jou?
Lewe jy nie tans in jou eie volkstaat nie? Ek dink so. Jou eie woonbuurt, kerk en dalk is die meerderheid van jou skool nog blank. Die kern is egter jou werk of inkomste. As jy of jou familie dit verloor is jy arm. Is jy dadelik in die moeilikheid en daal jou kanse om ander werk te kry tot bykans nul.
Die algemene benadering is dat binne 20 jaar is jou kanse om arm te wees 90%. Dit is om die rede dat die SAAI Stigting bestaan en is ons besig om planne aanmekaar te sit om die sake te verbeter. Sluit by ons aan en beplan vir jou eie toekoms in ‘n beter staat. Ons het gekyk na Orania of nog so iets maar dit sal bloot nog ‘n ouetehuis wees en niks meer nie. Ons wil dus ekonomies wel af wees. Ook wil die meeste mense naby hul kinders, vriende en familie wees en daarom is die woestyn nie vir die SAAI Stigting aanvaarbaar nie. Kom bou saam, ons het die planne.
#######################################

One Reply to “Jy in Transvaal of Gauteng en die stigting”