Waar gaan jy en waar is die dooies?

As die atiies vir my skryf hy bly maar een dank God, dan is daar beslis iets soos aap in sy kop. Wil ons egter vir die duiwel geloof leer is die antwoord, nee! Ons gee feite en die aap kies. Dis klaar. Jy is atiies maar jy dank God? Tart jy?

Die ergste in die jaar 2012 is die volgende vraag: Gaan die bose se geeste vernietig word wanneer die aarde vernietig word? Ek vra maar die vraag want jy kan my dalk help. Kom ons gee net eers bietjie agtergrond.

Jy sien weinig weet waar die hel is. (Dis binne die aarde). As jy nie weet google gou vir die skepping deur Deon S in die nuwe “tab” op jou skerm en gaan lees dit sodat jy ook slim kan word, of is dit nou om nie stupid te wees nie. NEE, jy sal net baie meer kennis kry wat nodig is vir jou geloofs lewe.

Nou, as ons vra hoe is dit dat daar die tweede dood is en dat die bose in die poel van vuur gegooi gaan word, dan maak dit glad nie sin nie. Dis nou tensy daar die tweede dood is wanneer die aarde sal vergaan. Die poel van vuur kan ook die kern van die aarde wees. Dis nou daar waar die aarde kook. As die aarde vergaan dan sal daar nie meer die kern van die aarde wees nie. Dus geen poel nie en dus geen tweede dood.

Hoe warm is die doderyk?
Hoe warm is die doderyk?

 

As die bose sterf gaan hulle na die doderyk binne die aarde. Nou moet ons vra: As die aarde vergaan, gaan die doderyk tot niet? Dus geen mense en geen meer dood of dooies. Wat dan nou van die dooies in die hel?  Die dooies gaan nie los gelaat word nie. Wat nou?

In die mens se verstand kan jou gees nie dood gaan nie. Al sterf die mens sal die mens se gees bly lewe.

Een moontlikheid is dat die gees deur geweldige hitte vernietig kan word. Dit mag dalk beteken dat as die aarde as voorbeeld teen ander planete sou bots wat groter is as die aarde, sal niemand meer kan leef nie. Ook nie die bose geeste nie. Ons kan dit egter nog nie as feite stel nie maar bloot as die groot vraag vir 2012.

Wil jy gaan voel hoe warm die hel is?
As klippe en grond smelt. Wil jy gaan voel hoe warm die hel is?

Daar gaan ‘n nuwe aarde en nuwe hemel wees maar vir my gaan dit sonder nog ‘n hel wees. Ons kan vra of die bose geeste weer gebore gaan word op die nuwe aarde. Dit sal beteken dat die bose ‘n tweede kans kry en volgens die Bybel is die antwoord; NEE. Hulle is dus permanent dood. Wanneer gaan jy hemel toe en hoe lank bly mense in die doderyk?

Is dit nie so dat mense dink dat as hulle familie dood gaan hulle in die hemel is nie. Is hulle nie dalk in die doderyk?

Kan geeste nou vernietig word of nie? Skryf jou mening met feite aan my by deon33@ymail.com  of gee dit hieronder by kommentaar. As jy wil deelneem aan die tiepe inligting kom deel die antwoorde deur my boeke te koop by http://affiliatebank.net/jem. Dis op geen ander plek beskikbaar nie. Die skepping en die skepping se gees is meer as wat die mens kan dink. Probeer dit, dan praat ons weer.

2 Replies to “Waar gaan jy en waar is die dooies?”

  1. In die boek “Die skepping” is ‘n prent van ‘n gees wat beloon is deur God en word ‘n Engel genoem en vertoon soos ‘n wolk, het nie vlerke nie en die samestelling word in die boeke wat volg op “Die skepping” beskryf. Jy sal daar moet gaan kyk. “n Gees wat beloon is beteken dat God so gees aangestel het bo ander geeste en word bepaal deur jou lewe op aarde. As jy Jesus se voorbeeld volg om ander te dien en nie om bedien te word nie is die beginsel van beloning.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *