VSA ekonomies op – Suid Afrika af

Dis goeie nuus dat die VSA uit sy vals ekonomie ontwaak. Kom ons kyk net eers wat ons kan beskou as vals. Soos inflasie vals waardes kan veroorsaak kan die totale ekonomie ook vals raak. Kom ons neem eerder ‘n voorbeeld.

Die VSA laat onderdele in Sjina vervaardig wat oor goeie en goedkoop arbeid beskik. Dit word dan in die VSA gebruik sonder om die items se prys te verlaag. Die wins word dus verhoog deur arbeid van ander lande. Omdat so maatskappy baie wins maak verdien die mense groot salarisse. Dis egter soos die uitbuit van ander se arbeid om jou self te verryk. Ander lande koop dan eerder die onderdele direk en goedkoper aan en so val die valse ekonomie.

Die VSA beweeg nou stadig op in 2012 maar waar laat dit Suid Afrika. Eerstens styg die pryse van ingevoerde items en kan SA dit nie bekostig nie omdat die uitvoere nie saam styg nie.. Dan daal die waarde van die rand wat die ingevoerde items verder verhoog. Dit veroorsaak ‘n betalings wanbelans wat beteken dat ons valuta verder daal.

Nou kan ons maklik vra, maar waarom vervaardig ons nie meer self nie? Daar is ‘n paar redes. Eerstens is SA arbeid swak opgelei teenoor bv. die Sjinees. SA onderwys word as van die swakstes ter wereld geklas.

Tweedens is die arbeid duur en stakings oordadig. As die polisie R 20 000 per maand verdien terwyl hulle sit en wag vir “pay day” en daar teenoor moet die mynwerker hard werk vir sy R4 000. Nou staak die mynwerker vir nog geld omdat sy broer so lekker verdien en daar staan die werk. WERK? Wie wil dan nou werk as jy kan pensioen van die staat kry?

In Engeland was die selfde en baie sal onthou hoe die yster vrou die saak wou reg ruk. Wie gaan dit in SA doen? As die mense nie wil werk gaan die land in sy peetjie en klaar. Dis soos in erg.

As ons wil vervaardig sal ons meer blanke arbeid moet benut en sal ons europese hulp moet kry. So kan ons weer hoog en op wereld klas kan presteer. Vandag is dit omtrent net die Boere wat op wereld klas moet presteer maar onder diefstal en swak regerings steun. Myne stort tans in duie weens stakings en nywerhede verouder. So val SA, val die rand en is die enigste hoop die ontwikkeling streek. Geluk ook aan die Boere wat in die res van Afrika so goed presteer. Dit bewys dat die potensiaal daar is maar dat die arbeids wette in SA die land vernietig

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *