Siener van Rensburg – Boere toekoms – voorspel 2013 – wanneer?

 
Siener voorspellings: Goed met die Boere, mooi toekoms tot by die ewenaar, maar vir SA eers een emmer bloed. Ja, die bloed moet eers vloei, maar ons sien alreeds dat Boere tot by die ewenaar gaan boer in rus en vrede soos Siener voorspel het. Die proses is reeds aan die gang en die mense laat weet dat dit baie goed gaan tussen hulle en die inwoners asook die regerings.

Nou wat voorspel Siener van die Boere in Suid Afrika. Moet ons ry of moet ons bly? Oorsee of waarheen nou. Jy kan dalk jou melkery na die noorde skuif. Saam met mielies kan jy goed doen, die reen is beter en die ryp is minder. Seun hier en pa daar of anders om. Kretieke vrae en as ons weet kan ons reg beplan. So wat nou?

Ek gaan eers kyk na foute wat mense maak. Siener het soos ‘n ware profeet voorspel maar soms sluit daar foute en afleidings in. As Siener iets sien dan moet daar reg verstaan word van die tyd en die insidente. Dis waar die probleem is. As Siener beweer dat dit goed sal gaan met die Boere nasie tot by die ewenaar dan lei sommige af dat die Blankes gaan heers oor die gebiede en/of Suid Afrika. Nee, dis heeltemal verkeerd. Die swart mense sal bloot net nie meer die blanke as vyand sien nie maar as vriend en helper.

Kom ons neem ‘n voorbeeld van so fout. Ek gaan nie die skrywer se naam noem nie maar op bladsy 186 van sy boek skryf hy die letters: 1 4 3 7 6. Hulle gee dit ‘n numeriese waarde maar sonder bewyse gaan dit as volg voort. 1+4+3+7+6 = 21.
Dis nog reg en gee die totale tydperk. Nou kom die groot fout. 2+1 = 3. Nee, nee, nee, waar kom julle daaraan? Dan word daar voortgegaan met, die aantal jare wat die swart regering sal regeer (3 jaar) voor die blankes weer gaan oorneem. Nee, nonsens. Om dit verkeerd te bewys is onnodig want die tyd is reeds verby en niks het gebeur nie.

Verkeerde afleidings doen egter skade aan Siener se beeld en geloofwaardigheid. Nie alleen is die tyd verkeerd maar ook word die indruk geskep dat blankes weer oor SA gaan regeer. Nee, nee, julle praat nonsens. So kom ons kyk eers wat die syfers beteken.

Die 1 beteken volgens die Vader se wil en 4 die magtige Gerubs. 3 is die drie-enige God en sewe die volmaakte syfer. Sewe is die 7 engele in die Vader se troon en beteken ook die Vader, Seun, Heilige gees en Gerubs. Dus al die hemel wesens. Onnodig om te skryf dat ses die duiwel se syfer is. Ons moet egter onthou deur bloot te tel soos die sesde maand beteken nie dat daardie maand nou aan die duiwel behoort nie. “n Swarte noem eendag vir my dat; “die duiwel is los” dan verwys hy na die huidige stand in SA. Daar is ook swartes wat sien dat die duiwel vandag meer sy sin kry as in die ou dae.

Nou wat het Siener voorspel?

Na die moeilikheid met die swartes, dus na die opstande, nadat die mense uit die tronke gelaat is en na Kodesa sal dit 21 jaar neem voor die Blankes gaan begin om weer ‘n staat, ‘n klein republiek te vat. Dit sal volgens die Vader se wil geskied. Die mag is nie van mense maar van God. Beheer deur die Vader, Seun en Heilige Gees. Die laaste syfer 6 sal die duiwel altyd mense versoek, altyd daar wees, maar oorheers deur die Sewe. Dit beteken dat die nuwe land baie Christelik of Godsdienstig sal wees.

Siener gaan voort met ‘n Geestelike boodskapper toe hy wakker word en dan sien hy die man wys hom dat die deure staan wyd oop. Nou, die wakker word beteken dat die Geestelike boodskapper sal die volk oproep en die pad aandui na die ongekende vrede en voorspoed. Let op dat hier is nie Presidente of Boere vegters, Generaals en bomplanters nie, maar net ‘n Geestelike boodskapper. Dis al.

Kom ons kyk nou na die syfers. Ons kan begin by 1993 net na Kodesa, dan tel ons 21 jaar daarby en kom by 2014. (As ek 1 jaar uit is sal dit nou nie die kooi afgooi nie maar dan sal dit vanaf die verkiesing getel moet word.) Dit is net die begin van die praktiese proses. Dan weer sewe jaar en dan een emmer bloed. laastens het Siener ook 10 jaar voorspel. Dis nie duidelik van wanneer tot wanneer nie, maar as ons dit na die 21 jaar byvoeg lei ons dit na 2024. Ons kan dan verwag dat die staat sal in 2014 begin word. Dan sal die staat in 2021 bestaan maar sal eers in 2024 selfregerend wees. Dis die beste waarvoor ons tans kan beplan.

Die vierkleur word in ‘n emmer bloed gedoop en waai oor die nuwe republiek met ongekende vrede en voorspoed. Die laaste emmer bloed beteken min geweld en is by Vereeniging maar tog onvermydelik. Dus nie groot oorlog maar kom ons noem dit geweld waar mense dood gaan in die stryd en dan gaan die ongekende vrede kom. Ek wil bietjie stilstaan by ‘n emmer bloed en die vierkleur. Die vierkleur verwys na die Transvaal se vlag maar dit gaan nie weer wapper nie. Wat wel gaan gebeur is dat die vlag sal in die laaste emmer bloed gedoop word en sal dan Goddelike status kry. Nie meer aardse kleure maar hemelse kleure (wit op blou agtergrond soos wit-wolke op die blou-hemel agtergrond). Die Boere of Gelofte volk sal dan weer oor hulself heers.

Siener noem baie name met insidente maar ons moet pasop wat simbolies is en wat nie. Plekke kan dus verwys na Boere se welslae in en voor die Boere oorlog en sal dus simbolies herhaal word op ander plekke. As daar dus gepraat word van weer by Bloedrivier dan kan dit by Vereeniging weer afspeel waar daar geweld is en dat God die oorhand gaan gee. Dit is dus nie presies dieselfde maar soortgelyk op ‘n ander plek.

Ons gaan Siener verder bestudeer om meer te weet oor voorpellings so hou die spasie gereeld dop en vertel al jou vriende waar om dit te kry. Regsklik ook op die g+1 skakel in die regterkolom as jy graag wil dat ons meer moet doen oor Siener van Rensburg se voorspellings. Klik ook op die “home” bladsy hierbo vir meer oor Siener se voorspellings.

Groetnis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *