Siener 2013 “Hulle het my kind vrek geskiet”

Diewe, stakings, moord.. 2013  Verw. Siener voorspellings, Die WAT?

“Hulle het my kind vrek geskiet” 
Die hoed is laag op die oog. Moedeloos maar nie hopeloos. Siener van Rensburg voorspellings 2013 raak nou so waar. Ek lees die artikel oor ‘wit Boer’ en in die artikel staan die Boer met die hoed in die hand. “Ek wil Boer, ek wil voedsel produseer, ek wil….”

Al wat ‘n Boer is verstaan hoe dit voel om te Boer. So ook enkele abeiders. Ons weet die regering voel niks en swart politiek nog minder. Om nie te praat van al ons subsidie. Ons mense ken al die politiek. Gaan kyk maar na al die kommentaar. Waar heen nou en hoe nou gemaak?

Ons weet reeds dat die volk leierloos is. ‘n Volk se verguising, staatsgreep, eenwording en dan die nuwe tuiste met ongekende voorspoed. Hoeveel mense smag vandag dan nie na die ongekende voorspoed.

Kom ons vra net waar is die Boer vandag dan kyk ons na die toekoms. Die Boere, (en sluit maar al die mense van ons volk ook in), raak moedeloos. Die regering wil nie en gaan nie help nie. Jy kry nie meer lenings en dan steel en moor dit oral in die land. Eendag is jy bly jy is nie in die Wes-kaap en dan weer steel en moor dit op jou voordeur. As jy niks verloor is jy vol moed maar as die vrou skree “hulle het my kind vrek geskiet” Wat dan?

“Hulle het my kind vrek geskiet” is die swaarste woorde wat ‘n pa of ma kan uiter. Die woorde spreek van seerkry en haat teen kriminele maar daar is ook die moedeloosheid. Siener het baie moeilikheid met die swartes voorspel. Dis tragies dat Boere nie kan saamstaan en dus verdeeld is maar die wiel gaan nou begin draai.

Hulle sal jou besteel en jou goed verbrand. As jy probeer keer sal jy in die tronk sit en hulle sal vir jou lag.

Die pad vorentoe.

Kom ons begin by stap een. Daar is reeds baie geskryf oor Siener se voorspellings maar iewers moet ons dit in praktyk begin. Dit mag nie iets onwettig wees nie. Dit moet inlyn wees met Siener se voorspelling en dit moet ons mense kan help.

Die Leiers kan gekies word en is nie die probleem nie. Die mense kan aangestel word en is ook nie die probleem nie. Die enigste probleem is saamwerk met geld.

Iewers moet ons dus fondse kry en dan moet almal bydra tot die diens. Voorbeelde is soos Solidariteit, Agri SA, TLU en dan gewone sekuriteit maatskappye. Almal doen goeie werk maar is nie daar wanneer die Boer hulle nodig het nie. So wat kort ons?

Ons kort ‘n organisasie soos ‘n metro-polisie wat met prokureurs en al ons saak kan verteenwoordig in howe, in die media, by regerings ensomeer. Leiers uit daardie organisasie kan gekies word deur lede wat bydra asook die mense in diens.

Nou – Ons moet net begin om geld saam te voeg, dan kry ons borge om ons saak te borg. Die groep moet dan self-versorgend raak en uitbrei. Ek noem dit sommer M-polisie. Om die saak duideliker te stel kan ons die behoefte so stel; As jy in die nood is, druk jy ‘n knoppie en dan het jy hulp. Skelms gaan tans meer word, meer arbeids probleme, meer brande, meer diefstal en meer moord. Wanneer is dit jou beurt en wie gaan jou help?

WAAR?

Tussen die Vrystaat en Transvaal met die doel om albei te dien. Ons sal nie oral kan begin maar ons sal wel kan uitbrei. Fochville, Parys, Potchefstroom, Sasolburg, Vanderbijlpark en Vredefort is in alfabetiese volgorde die begin as grens dorpe. Ook moet ons dit sien as samewerking met bestaande sekuriteits maatskappye.

Wat moet die M-polisie dan nou “anders doen”

# Per streek, metro en dorp moet die M-polisie alle plaas arbeiders registreer. So sal ons weet wie die kriminele is, waar hulle is en wie nie om jou hoort nie.
# Hulle moet rekord hou en kriminele vang of vervreem.
# Hulle moet arbeiders vir jou werf en goedkeur.
# Hulle moet mense vang wat brand stig.
# Hulle moet reageer op ‘n nood knoppie. (Panic Button)
# Hulle moet stelsels voorstel en voorsien om beeste en skape te monitor.(Goedkoop en effektief) As die bees hardloop moet jy alarm op jou foon kry. As die skaap vinniger as 10 km/uur op jou plaas ry, of van jou plaas verdwyn moet jy alarm kry.
# Hulle moet stelsels voorstel en voorsien om bakkies, motors, selfone, skoot rekenaars, sonpanele en soortgelyke items op te spoor. (Tracking)
# Hulle moet gesteelde items opspoor en die mense vang.
# Hulle moet die paaie monitor vir gesteelde items wat die alarms gee.
# Hulle moet die SAPD se skelm lede kan vastrek en aan almal bekend maak.

* As die skelms sien hulle word gevang sal hulle uit jou area vlug en ophou steel. As hulle ophou steel sal moorde afneem en Boere weer sterk voel. Weer kan Boer.

Die SAPD kan nie vertrou word nie en hul diens gaan ek nie eers bespreek nie. Jy moet eers “vrek” wees dan sal die mense kom kyk, mits hulle lus het en ‘n voertuig kan bekom.

In die dorpe is alarms en word gemonitor met reaksie magte teen so min as R183 per maand. Die Boere moet nou saam staan en iets begin wat sakemanne mag insluit maar gemik om Boere te steun.

Skryf aan my en gee jou mening: deon33@ymail.com

Gee jou kommentaar hieronder en klik op g+1 in die regterkolom om die artikel op google te steun.

##################################