Siener van Rensburg-Waar is die opstanding van die beloofde land?

Waar is die opstanding van die beloofde land – Siener van Rensburg.

Ons het reeds gepraat oor die wat, die hoekom voorspellings en die wanneer. Vandag gaan ons praat oor die waar? Soos Jesus die dood oorwin het. Soos Jesus opgestaan het uit die duister, uit die swaarkry. So sal Jesus weer sy volk laat opstaan. In die hele wereld het die Vader nog net twee volke ‘n land belowe. Die een was Israel en die ander is die gelofte volk. Vandag vra ons nou waar is die beloofte land?

Siener van Rensburg, Net een Christelike land

In die hele wereld gaan daar net een Christelike land wees. Daar gaan Christene oor die hele wereld wees, maar net een land sal ‘n Christelike land wees. Daar sal vryheid van geloof wees soos Islam en die Joodse geloof soos in die ou testament. Die land, sy volk, die wette, die regering, die skole, die beleid sal alles egter Christelik wees. Die enigste in die wereld.

Ander lande sal Christelike sake verbied soos in skole, regerings ensomeer. Dit gebeur alreeds maar ‘n man met die Naam, Siener van Rensburg het dit reeds in die Anglo-Boere oorlog en daarna voorspel. Voorwaar ‘n Siener van formaat. As hulle hom vra wat van Japan? Dan begin hy nie met “ek weet nie” maar antwoord somer dadelik. “Die Here sal daai land tref met aardbewings” Ons het dit in die verlede gesien maar ongeveer twee jaar gelede het ons weer gesien toe hulle kern kragstasies ernstig beskadig was.

As Siener van Rensburg sommer so terloops akkuraat kon voorspel oor Japan hoeveel nie te meer oor sy eie volk nie? So wil ek nie oor ander lande tyd mors maar kyk na die Gelofte volk. Ons moet pasop vir afleidings van sy visioene maar vandag gaan ek spesifiek kyk na Siener van Rensburg se eie woorde.

Twee groot snije brood met heuning op gesmeer kom naar mij toe. Dit beteken sonder enige twyfel dat 2 state of eiendomme met rykdom of voorspoed kom na Siener se volk toe. Jy kan dit bewoord soos jy wil, maar dit beteken die land van Heuning uit die Transvaal en Vrystaat. Die twee Boere Republieke.

Dit beteken duidelik nie Suid Afrika want dan sou daar net een sny gewees het. Dit beteken ook duidelik nie die hele Vrystaat en Transvaal nie want dis net twee snye en nie twee brode nie.

Siener van Rensburg voorspel dat daar weer 2 mense soos Andries Pretorius en Sarel Cilliers gaan wees. Gaan bruin en grys klere dra en Christelike of geestelike leiers wees.

Sarel_Cilliers

Siener van Rensburg voorsien weer sulke mannne.
Siener van Rensburg voorsien weer sulke manne.

andries huis

Waar dink jy is Andries se huis in SA? Skryf vir ons by die administrasie@stigting.co.za

Die groot stede

As ons vra wat van Pretoria en Bloemfontein? Vir Transvalers is Pretoria soos Bloemfontein vir die Vrystaters. Hier is ‘n Boere hart in Siener van Rensburg en dan kyk ons wat voorspel hy vir die Boere se hoofstede. Behalwe swart oorheersing voorspel Siener niks. Geen redding. Geen hoop. Dan vra die mense wat van Johannesburg. Die Goudstad. Die heuning stad van rykdom?

Daar voorspel Siener van Rensburg, stakings, donker sonder krag, motors staan op die paaie sonder petrol. Ek som maar op, maar in enige taal voorspel Siener net baie moeilikheid met die swartes en swart oorheersing. Die Oosrand sal swaarkry, die Buda se kerk naby Bronkhorstspruit het geen goeie voorspellings. Duidelik het Siener nie gesien dat dit deel sal wees van die voorspoedige beloofde land nie. Dis nie deel van die enigste Christen staat nie. Kom ons kyk verder wat Siener wel voorspel het.

Kom ons kyk verder na Siener van Rensburg se eie woorde;
“van die ou Boere republieke se plase val terug en word onder my volk verdeel” Kern woorde is “ou Boere republieke” hard en duidelik en ek hoef niks by te voeg nie. “Plase val terug en word onder my volk verdeel” Let op nie stede nie. Ook plase wat gekoop of gevat was val terug en word onder die volk verdeel. Dit beteken nie dat elke Boer kry ‘n plaas nie, maar die volk kry plase wat voorheen aan die volk van Siener behoort het. Die gelofte- en/of boerevolk.

Kom ons kyk na verdere bewoordings;

Vry en onafhanklik
Ongekende seen en voorspoed
Daar gaan fees gevier word by ‘n koppie in die noorde, ‘n Christelike fees
Soos in 1838 gaan die Boere weer vereenig en noord trek
Daarna sal die Boere in vrede lewe

Dis groot begrippe wat duidelik voorspel van die voorspoed.

“WAAR” is vandag ons vraag.

Duidelik gaan daar dele van Transvaal en Vrystaat ingesluit wees en die hoofstede gaan uitgesluit wees. Oor kleiner dorpe het Siener van Rensburg net gedeeltelik na verwys en is nog nie duidelik nie. Ook moet ons onthou dat daardie tyd was daar maar min stede.

Vereeniging het Siener van Rensburg duidelik byskryf as die plek waar die laaste emmer bloed gaan val. Dis duidelik dat verder noord en oos van Vereeniging uitgesluit gaan wees. Dan gaan ons verder kyk na persone soos Emily Hobhouse, Generaal De Wet en De la Rey. Die Drakensberge, Danie Theron en Siener van Rensburg self gaan alles ‘n aanduiding gee van presies waar die beloofde land is en ons gaan vorentoe verder daarna kyk. Hou ons fyn dop.
Daar gaan seen op die land wees. Land van ongekende voorspoed.
Melk en Heuning?

Sluit aan by die SAAI Stigting, dis gratis. So sal jy weet presies waar gaan wat gedoen word want die SAAI Stigting beplan die ontwikkeling inlyn met Siener van Rensburg se Voorspellings en nie soos ander stroom op nie.

Gaan kyk hier: https://www.affiliatebank.net/jafr/products/details/9/SAAI-Stigting

One Reply to “Siener van Rensburg-Waar is die opstanding van die beloofde land?”

  1. God kan maak soos Hy wil, soos Hy Sy naam daarop gesit het om die Jode uit die noordland(Rusland- Jerusalem reg suid van moskou) en al die lande waarheen Hy hulle versprei het terug te bring (Jer16:14), so sal Hy, as Hy wil, hierdie profesie waar maak, en niks kan dit stop nie! Ons ongehoorsaamheid kan egter, want baie Afrikaners vandag vervloek Israel, terwyl Israel vandag reeds die profesie vervul het. Ons is christene, nie Jode soos Israel, wat Paulus vir ons verduidelik ” Israel has experienced a hardening in part until the full number of the Gentiles has come in”, is ons blind of sien ons Jesus? Die Jode het Jesus gekruisig, nie ons nie! They will look on me, the one they have pierced, and they will mourn for him.
    So vergeet ons Gen12:3 wat se, hulle wat Israel seen sal geseend wees, en vervloek ons onsself. Feite is, Israel gaan binnekort die sterkste land op Aarde wees, elke Jood gaan Jesus ken en Jesus Christus gaan die Aarde vanuit Israel se hoofstad, Jerusalem regeer. n Afrikaner Christen staat sal n bondgenoot wees, en sy mense moet in plek kom en hulle rassisme en vooroordele verloor….

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *