Werkers – koppe rol vinnig.

 Dis nou werkers by die hek uit. Ek onthou nog hoe ons op sondae ontbyt eet met pap en melk. Dan eiers, spek, kaas, konfyt met rooster brood. Middag ete was na aan 12 uur met ‘n tafel so vol dat jy moes mooi vat en neersit aan kos te kies en te keur. As jy dit anders rangskik kon jy ‘n sewe gang maal verkry. Vandag eet ons ‘n boerewors-rol en een slaai. Hoekom?

Op sondae was daar twee bediendes en drie deur die week. Vandag geen. Daar was ‘n stat van 5 tot 20 huise op ‘n gewone plaas. Vandag net een.

In 2013 word die minimum loon vir nege ure op R105 bepaal. Dan moet jy byvoeg vir sondae ‘n dubbel loon plus ‘n dag af. Die werker swaai vandag die septer en die Boer moet fyn trap. Die gevolg het Dr. Pieter Mulder herhaaldelik gewaarsku dat landbou gedwing word om mense af te dank. Klink 150 000 reg tot einde 2013?

Boere het reeds met die stakings besef dat daar moeilikheid kom en het vroegtydig begin afdank. Die swakstes eerste. Die wat pensioen kry of kan kry was die volgende. Daar is nie meer 600 000 werkers in die landbou. Dit is ‘n feit want bestaande syfers is verouderd. Die vraag is hoeveel is daar werklik. Wie word ingereken soos verpakkings aanlegte, huis-bediendes, suikermeulens en verwante bedrywe. Dan gaan mense verminder word soos net 1 dag per week. Hoe tel jy nou?

In 2012 was daar reeds die vermindering na 600 000 wat 50 000 werkers minder is. Aan die einde van 2012 het SA Statistiek gemeld dat 62 000 werkers afdankings ondervind het in alle sektore. Hulle skryf dit egter nie toe aan stakings nie maar ons weet dat baie Boere mense afgedank het en dat baie seisoen werkers hul werk verloor het. Baie werkers is vervang met ander lande se arbeid veral is daar in die Wes-kaap gebruik gemaak van Lesotho se werkers.

In 2013 word verwag dat nog 100 000 afdankings volg in die landbou nadat  die minimum loon aangekondig is. Van die werkers sal ook beperk word tot deeltydse werkers.

Sonder bewyse gaan ek beweer dat daar minder as 500 000 werkers gaan wees. Dit betekenvan 2011 tot einde 2013 gaan daar 150 000 minder werkers op plase wees. Dit laat Marikana se 14 000 na speelgoed lyk.

Ek het reeds geskryf dat daar nog nie bewyse is nie. Die punt is egter dat almal saamstem dat die landbou gaan baie minder arbeids intensief wees. Dit is veral Boere met meer as twee werkers waar koppe gaan rol. Melkerye waar sondae gewerk word kan dit glad nie bekostig nie. Vrugte kan nie meer met arbeid gepluk word nie. Sodoende kan net so 20% Boere die loon bekostig maar almal sny aan werkers.

Werkers en werkloosheid

Kommentaar is welkom maar kom ons besef net dat dit vir die land baie sleg is. Die regering het homself in die voet geskiet. Werkloosheid op die platteland skuif nou stadig op na 90%. Op Sasolburg met al sy fabrieke is dit bepaal op 43% en die regerende party se syfer beweeg op na 44% vir die land in die nabye toekoms.

Al wat nou oorbly is dat die mense, organisasies en media moet die regering en almal in die land duidelik laat verstaan dat;- werkloosheid is die regering en vakbonde se skuld. Niemand anders se skuld nie. # # #

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *