Waarheen lei ons ekonomiese verval? (SA)

Ek gaan soek eers na die armoede en vind toe rykdom. Ek gaan soek na die honger kriminele en vind ryk mense. Nou wie is arm en waarheen nou. Skokkend kan ons begin vrae vra.

Ja kyk daar is arm mense. Daar is armoede. Maar nie daar waar ek gedink het. Ek stap in die plakkers kamp in. Kyk in die eerste vertrek en vind ‘n stoof, mikrogolf oond, tafel en yskas. Die tweede kamer het ‘n dubbel bed met deken en dik van die komberse. Die derde kamer het ek nie besoek.

Dan gaan kyk ek na ‘n arm huis. Die eerste is ‘n kombuis met stoof, yskas en tafel. Die sitkamer vertoon skoon en netjies met ‘n sitkamer stel. Duidelik baie ryker as verwag stap ek uit nadat my oog die beddens gevang het.

Die volgende was die staat se huise wat bekend staan as RDP huise. Ek stap die kombuis binne terwyl die man TV kyk op ‘n pragtige groot stel. Die vrieskas en yskas is vol kos en alles is baie netjies skoon. Met die wasbak en tafel ook in die kombuis vertoon dit klein. Die slaap kamer is ook opvallend netjies met dubbelbed en kaste. Die sitkamerstel is foutloos. Jy sou dink dis ryk mense maar van al die mense wat ek besoek het was almal werkloos. Ek besoek nog ‘n klomp huise en vind dieselfde patroon.

Dan besoek ek ‘n man en vrou se huis wat albei werk. Hulle huur die sinkkamer agter ‘n RDP huis. Daar woon een dogter saam met hulle. Een bed en die ander slaap op die vloer. Aan kos en klere is daar nie ‘n tekort maar die kamer is maar klein. Nou begin ek die vrae vra.

Hoeveel mense werk en waar kom al die geld vandaan van die wat nie werk nie? – Verwysing na die platteland

Nou laat die skokke begin. Die armstes drink en rook al die geld op. Net so 12% van die mense werk of verdien self ‘n inkomste soos bv. ‘n taxi eienaar. Dit laat 88% mense afhanklik van pensioene. 15 miljoen mense ontvang direkte pensioene. Dit sluit in UIF van mense wat voorheen werk gehad het. Werkloosheid pensioen. Ou mense se ouderdom pensioen. Die een euwel van die welsyn pensioen vir gebreklikheid en die ander euwel die kinder pensioene.

Die gebreklikheid pensioen wat goed bedoel is vir mense wat nie kan werk nie word misbruik. Dit is waar ‘n man vir my wys dat hy pensioen kry omdat een vinger gebreklik is tot ander wat werk en pensioen verdien vir die een of ander skeed of siekte. Die kinder pensioen is wel bekend as ‘n probleem en hoef ons nie daaroor uit te wei nie.

As 88% van die mense op pensioen leef terwyl so een derde pensioen ontvang dan vra mens tog wat van die res. Wel een groot deel is buitelanders, wat dankie tog, nie grootliks tot die syfers bydra nie. Die getalle is moeilik maar ons kan skat dat daar nog sowat 15 miljoen mense is wat leef vanaf familie wat wel pensioen ontvang. Dit is byvoorbeeld ‘n ouma of oupa wat vir die hele gesin sorg of ‘n vrou wat ook vir haar man sorg. Ons moet in ag neem dat die syfers beter is in Gauteng en die Wes-Kaap omrede daar meer mense is wat werk.

As ons egter na die platteland kyk is dit skokkend om te verneem dat die ekonomie draai om pensioene en nie om enige ander rede nie. As ons kyk na die plaaslike munisipaliteite dan vind ons dat die belasting hoofsaalik uit die ou blanke gebiede kom. Sowat 98%. Tragies om by te voeg is dat die salarisse van die munisipale bestuur beloop miljoene en is sowat 95% swart mense.

 

Enige persoon met ‘n bietjie verstand sal besef dat so stelsel in duie moet stort en kan mens net vra: Wat daarna, wat gaan gebeur in die toekoms van so ‘n staat?

################

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *