Ekonomiese verval en toekoms

Na goeie kommentaar oor die berig van “Invoere – bangkrot Boere in Landbou.com” besef ons net meer hoe vinnig die sake versleg. Die mielie Boere lag vandag bank toe maar tot groot kommer. Die mielie bedryf vernietig tans die voerkrale, melkerye, hoenderboere en almal wat moet voer. Sodra daar weer te veel mielies is, gaan die bedrywe nie meer bestaan nie en is daar nie meer ‘n mark vir die mielie produk nie.

As voedsel bron word daar tans vleis, hoenders, broodmeel, rys en aartappels ingevoer. Dit terwyl die plaaslike mark kwyn. Ander lande belas hul invoere en subsidieer die Boere. Waar sake onstabiel is word dit gestimuleer. Wat gebeur in ons land?

Die belasting geld word gebruik om bestaans Boere te help om groente tuine te plant. Die kommersiele Boere daal ekonomies wat lei tot goedkoper plase vir die swart mark. Alles tot nadeel van alle Boere in ons land want dit is nie volhoubare planne nie.

Ek gaan net een voorbeeld noem. Die staat installeer ‘n toegeruste boorgat. Dit breek en die eienaars weier om dit reg te maak. Die rede: die staat het dit geinstalleer so die staat moet dit reg maak. Intussen vrek die beeste en groente sonder water. Is dit volhoubaar?

Kom ons kyk na die sake bedrywe en dienste. In Pelgrimsrus kla mense dat daar net 2 mense is in die Hotel terwyl dit tog ‘n toerisme dorpie is. Die dorp gaan tot niet! Ja, wel, as julle dink dis die enigste dorp dan sit julle die pot mis. Dit gaan oral in die platteland so.

As jy gaan kyk na enige staat tiepe organisasie sal jy sien dat tenders mag nie toegeken word aan die bestes nie maar aan die wat die beste BEE punte het. Of dit nou herstel, diens of net huur is, die beginsel geld eers dat dit moet toegeken word aan swart mense. So is Blankes uit munisipaliteite, klinieke, hospitale, vakansie oorde en noem maar op. Die diens verswak daagliks en meer en meer Blankes beland op straat.

Dit raak jou eers as jy gaan soek na ‘n dokter of jy beland in die hospitaal. Jy moet jou produk verkoop en kry nie meer prys. Jou beursie raak dun en dienste droog op. Die polisie kan jou nie help en die staatsaanklaer verstaan nie jou probleem nie. Die voer kan jy nie bekostig en die paaiemente hoop op. Dis jou land, jou toekoms. As jy jou kind en kleinkind wil inskryf in die skool en jy vind uit dat die kind die enigste Blanke in die skool is. Onderwysers word getransformeer en as alles swart is, is dit geen probleem maar pasop as alles wit is. Swartgallig? Nee, maar net die werklikheid.

Die stede volg maar weens die getalle is die proses net stadiger. Voorbeeld; meer mense wat dokters besoek maak dit vir hulle die moeite werd. Soos wat die mense daal so daal die inkomste totdat die dokter na ‘n ander land verhuis. Jy wil nie na die swart dokter gaan, so wat nou. Die dienste in dorpe neig tot stilstand want dit is net ‘n klein groepie wat erfbelasting betaal in die tradisionele Blanke gebiede. Die ander betaal nie lisensies, belasting of dienste nie. Die geld gaan aan die swart eleed se salarisse en daar is nie meer geld vir dienste. Swak, slegter, tot niet.

Die SAAI Stigting bestudeer die sake en beplan vir ‘n beter toekoms en nooi jou om ons te help om so ook jouself te help. Gaan kyk in die Wes-Kaap en jy sal sien daar is hoop. Ons moet kyk wat gaan vandag aan. Wat is sleg en wat is goed. Wie maak vandag nog goed geld en hoe. Dan kan ons die kennis bymekaarsit vir ‘n beter toekoms. Die toekoms is nie in die politiek maar in deeglike planne, integriteit en die bou van ons toekoms. Een span en saam span, dan kom die sukses. Gaan kyk hier vir meer. Dis gratis om deel te word: http://affiliatebank.net/jem

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *