Plaas – moorde neem toe (word ook vervolg vanaf Landbou)

Tragies en skokkend maar ou mense op plase word meer en meer vermoor. Wreed en genadeloos. Ons wens dis net tydelik en dat dit weer sal afneem maar ons moet vra waarom is daar so baie moorde?

Een van die skokendste feite is dat die kriminele dink alle Boere is ryk en baie geld het. Die werklikheid is dat die ou mense hoofsaaklik geteiken word. Die mense ouer as vyftig is in die verhoogde risiko groep en het dikwels nie geld nie. Vrae wat gevra word is soos:

Waarom rig hulle nie meer heinings op nie,

Installeer alarms

Kry reaksie eenhede wat vinnig kan help

Hou wapens byderhand

Kry iemand om die plek op te pas

Kry radio’s

Gebruik selfoon tegnologie

Gaan na ouetehuise

Ensomeer….

Die antwoord is eenvoudig dat die mense nie die geld het daarvoor nie. Sommige plase word verhuur terwyl op ander plase woon die eienaar in stede. Die ou mense besef nie altyd dat hulle kragte en spoed afneem nie maar dan kan hulle ook niks daarom trent doen nie. Die skelms buit dit net eenvoudig uit en dan nog die politiek….

Politiek

Inderdaad speel politiek altyd ‘n rol soos haatspraak of swak veroordeling van moorde. Tog wil geen politieke leier juis mense vermoor nie en ondersteun nie plaasmoorde nie. Wat egter voortdurend nodig is, is dat die leiers mense moet waarsku dat hulle swaar gestraf sal word en dat moorde nie geduld sal word nie.

Dan moet die straf en vervolging van mense wat onwettig deur drade klim en plase oortree verskerp word. Tans beskou enige een dit as sy reg om te enige tyd op enige plaas te loop. As hulle gevang word deur die Boer word die Boer aangekla want die krimineel het mos niks verkeerd gedoen nie? Dis asof die Boer altyd die wreedaard is.

Die feit dat kriminele gevaarlik is word nie ag op geslaan nie. Dikwels dikvellig, hardekwas gewapen met messe of wapens maar dan word daar verwag dat hulle saggies gehanteer moet word. Dat die Boer altyd rassisties is en jong Boere met die nodige krag sal sommer vinnig toegesluit word. Die ou mense wie nie oor die nodige kragte beskik nie word eenvoudig vermoor.

Wat soek die kriminele op die plaas?

Dit moet die eerste en kritieke vraag wees. Dat hulle kastig werk soek of net iets wil koop is nie aanvaarbaar nie. Dan kom die skelms dikwels in getalle soos 4 tot 6 voor teen die een Boer. Eers word daar net gekyk waar en wanneer kan wat gesteel word. Dis hier waar die grootste probleem is.

Dit word dikwels deur vorige werkers begin of deur die bure se werkers wat die boer dophou. Dit is selde of nooit iemand wat van ver af kom nie.

Die Polisie vorder goed om moordenaars te vang maar dis reeds te laat. Die kriminele moet weggehou word van plase en diefstal moet voorkom word. Die moordenaars begin dikwels deur net te steel en dan vererger dit tot moord.

Mense wat op plase woon maar nie daar werk nie moet verwyder word. Dis nie die Boer se plig nie maar die staat moet behuising in die dorp vir die mense gee en hulle soontoe laat trek.

Die samelewing.

Die saak kan nie net vir die ou Boere op plase gelaat word nie maar moet deur almal ondersteun word. My mening is dus dat ons moet begin om mense wat nie op plase werk nie te verwyder en so sal besoekers verminder en kriminele beter vasgevat word.

Daarna moet alle kriminele op plase stewig vasgevat word deur enige een wat die plase betree toe te sluit. Boere sluit soms die hekke toe maar dan klim die kriminele bloot deur die draad en die Boere mag dan niks doen nie. Dis hier waar die probleem begin.

In die ontwikkeling streek.

Werkers sal verplig word om te registreer en daar sal reaksie magte wees. Ook sal persone met kriminele rekords nie in die streek toegelaat word nie. Die getalle sal beperk word en die Boere sal voel en sien dat dit veilig is. Die vraag is egter wat kan ons doen om mense buite die streek te help om diefstal en moorde te voorkom.

In alle gevalle is geld nodig en sal ons moet kyk na fonds insameling. Tot dan vra ons mense om by die SAAI Stigting aan te sluit en ons onder vriende bekend te maak.

##############################

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *